Jannie Du Toit

22 Dec

Jannie du Toit vier 50 jaar met Afrikaanse musiek.

BESTEMMINGS – die omvattende titel waaronder Jannie sy halfeeu vier, is ook die naam van die verhoogproduksie wat hoogtepunte uit sy loopbaan as liedjiemaker en opnamekunstenaar saamvat. Met sy briljante begeleidende ensemble van Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon) saam met sy kitaar, sorg Jannie danksy rype ervaring, besondere vokale vermoëns en ‘n repertorium met baie wye verskeidenheid, vir ‘n uur-en-‘n-half se musiek waarin die emosies gedurig wipplank ry en artistieke integriteit die botoon voer. Geen enkele gehoorlid sal onaangeraak uit hierdie aanbieding kan stap nie.

Book Tickets
«
»