Jak de Priester

10 July

Jak de Priester skrywer en sanger van bekende liedjies soos Sally Williams Nougat, Groen Mamba en Binnelanders is weer te sien by die Showroom Teater in Julie 2021.. Jak de Priester bring ‘n nuwe vertoning na feeste en teaters in 2021 getiteld ‘Kaalvoet Mona Lisa’. Die sanger/ liedjieskrywer bring 14 nuwe liedjies uit sy pen met temas van hoop, liefde, inperking en ook die komiese kyk na die hoe die wêreld oornag verander het asook ouer gewilde bekende liedjies. Nuwe liedjies met titels soos ‘Sterre bots’, ‘Eerste liefde’, ‘My broer se bril’ en ’21 Dae’ kan die gehoor na uitsien. Dit is ‘n volronde konsert met diep stories, snaakste stories, splinternuwe liedjies en ‘n emosionele reis deur die lewe. In hierdie vertoning is Jak de Priester alleen op die verhoog agter die klavier

Book Tickets
»