Dewald Gouws

19 April 2019

Hierdie Suid-Afrikaanse sanger toer graag landwyd en geniet dit veral om saam met sy orkes, wat uit van die beste musikante in Suid-Afrika bestaan, op te tree. Hy het ook reeds twee maal as deel van die “Manne wat Glo” groep, in Australië en Nieu-Seeland gaan toer.

In Desember 2016 het hy saam met ‘n span musikante na Nashville getoer waar hulle sy nuwe liedjies gaan opneem het. Sy liedjie “But God” wat hy onlangs geskryf het op aandrang van die wêreldbekende evangelis “Angus Buchan” tydens ń “Mighty Men” konferensie het groot opslae gemaak op Nasionale vlak.

Dewald se liedjies, net soos van sy nuutste enkelsnitte, “Venters van jou siel” en “Meesterstuk”, bring diepte en waarde vir ons elkeen. Dan vertel hy ook graag hoekom liedjies soos “Tennessee Whiskey” vir hom spesiaal is.

Book Tickets
«
»