Coffee Snobs

20 March 2021

Coffee Snobs, die sangpaar Vernette en Marius Wessels, het reeds in Suid-Afrika bekendheid verwerf met hul sensitief-intelligente lirieke en die intimiteit van hul musikale aanslag. Hulle tweede album, Lig, wat in 2018 vrygestel is, is benoem vir ’n Huisgenoot Tempo toekenning en ’n hele paar van hulle liedjies het al ’n draai gemaak op die trefferparades. In 2019 het hulle met die bekroonde skrywer, Riana Scheepers, saamgespan om hulle eerste musikale produksie, Donkernagpantoen, op die planke te bring. Hulle het reeds talle gehore reg oor die land bekoor met hierdie ontdekkingsreis van vers na liriek en die produksie is uitgevoer by verskeie kunstefeeste, onder andere die Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees en is ook opgeneem in die 2020 US Woordfees program. Hulle musiek is uniek, oorspronklik en strek oor verskeie genres en ʼn wye gehoor sal daarby aanklank vind.

Book Tickets
«