Coenie de Villiers

25 Sept 2021

Ná byna twee jaar weg van die verhoog skuif Coenie de Villiers weer agter die klavier in vir ‘n kragtoer van musiek en liriek. Die repertoire bestaan uit nuwe werk, ou treffers en ‘n verrassing of twee. “Dis wonderlik om weer te kan optree,” sê Coenie. “Om dit in die hart van die Karoo te kan doen, maak dit selfs meer spesiaal.” Deon Meyer en Coenie de Villiers se nuwe boek, ONS KAROO, sal ook by die vertoning te koop wees.

Book Tickets
«