Brandewyn en Melktert met Blackie Swart & Jannie Moolman

14 Sept 2019

Brandewyn en melktert is lekker op hulle eie, maar die twee saam is heerlik!

So is die musiek van die twee legendes, Blackie Swart en Jannie Moolman ook. Blackie is meer as net Liewe Lulu en Jannie is meer as net Nessum Dorma. Van Liewe Lulu tot Mozart, van Dire Straits tot Engelbert Humperdinck en tussenin Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel, Lucas Maree en ‘n paar lekker verrassings om die aand af te rond.

Brandewyn en Melktert is ‘n aand propvol nostalgiese musiek deur twee legendes van die Afrikaanse musiekbedryf.

Tussendeur bly die humor ook nie agter nie en staaltjies uit hulle honderde optredes en verskeie toere laat die gehoor skaterlag.

Book Tickets
«
»