Ons klets met Radio Kalahari Orkes

Ons sal ‘n bietjie in die wonderlike akoestiek van die Showroom Teater indulge deur om van ons nuwe nommers uit te voer

Die Radio Kalahari Orkes (RKO) het verlede jaar die Showroom Teater se dak behoorlik gelig met hulle uitmuntende vertoning.  Hulle keer terug vir nog meer opwinding op Dinsdag, 12 Desember om 8nm so maak seker om jou sitplek vroegtydig te bespreek.

Bespreek jou sitplek hier. Kaartjies is R150 pp.

Daniel Dercksen ruil ‘n paar gedagtes met die span van Radio Kalahari Orkes

Dit lyk my RKO se besoek aan Prins Albert se Showroom word ‘n jaarlikse feeslikheid, wat dink jy maak die teater so uniek?

Dit voel of mens letterlik terug stap na Art Deco- era in al sy glorie. Dit is ‘n pragtige teater met goeie akoestiek en ‘n wonderlike atmosfeer!   Baie spesiaal inderdaad.

Wat het RKO vir aanhangers op die musiek spyskaart hierdie keer?

RKO gaan van hul nuwe materiaal optree gemeng met die ander groot liedjies.

Daar is so ‘n geweldige aanvraag vir ons ou materiaal dat ons weinig kans kry om ons nuwe liedjies op te voer!!

Maar ons sal veral ‘n bietjie in die wonderlike akoestiek van die Showroom Teater indulge deur om van ons nuwe nommers soos “Donkerkloof” en “Oor die See” op te voer.

Dit gaan beslis ‘n wonderlike partytjie wees vir diegene wat graag wil litte losmaak en lekker kuier?

Janee, die biesies gaan bewe en die mampoer gaan vrylik vloei. So hoor ons…

Wat dink jy dra by tot RKO se oorweldigende sukses?

Die eerlikheid van elke liedjie (storie).

Die rede vir die groeiende sukses van Radio Kalahari het sekerlik te doen met die feit dat ons nogal ‘n “organiese” tipe byeenkoms van kunstenaars is. Geen optrede is soos die een voor dit nie. Enigiets is moontlik.

Ek persoonlik (Ian Roberts) hou daarvan, en ek voel gehoore ook.

Dit laat ons as groep ontspan, want ons weet SELFS nie wat gaan gebeur nie, en ons is ONTSPANNE daaroor. Dit laat die gehoore ontspan. Gee vir hulle ‘n “gap” om te geniet

Vertel my meer van die groep, wat elke lid se bydrae is?

Ian is op Penny fluitjie, Kitaar en Kazoe, sing en vertel stories,  Alicia sing speel die Blokfluit, Gil en Trekklavier, Wynand bemeester  Viool. Friso is ons kitaarman, Barry speel bass en sing, Beadley slaan die tromme en sing.

Tong in die kies en somtyds galghumor is beslis iets waarna aanhangers kan uitsien?

Dit is so geweef regdeur ons optrede.

Ons sin van humor wat in die liedere voorkom kom van drie skrywers wat van 1960 af bewus was van die phenomena van Suid Afrika.

Ons het nie keuse gehad nie.

Beide my neef Dan Roberts en ek is in die publieke hospitaal te Fort Beaufort gebore, nie in Perth of Vancouver of (waar ons voorvader vandaan gekom het in 1820) Wallis nie.

Ek verstaan dat die jonge Riaan Malan het in Joburg skoolgegaan.

Ons het baie gesien en ervaar. As jy nie oor ons land en sy mannewales kan lag nie, dan gaan jy of in ‘n gestig of in Perth of Vancouver of Londen eindig.

Ons lyrieke se sin van humor kom vandaar.

Want toe ek laas gekyk het was ons almal nog hier!

Heh heh jokes jokes jokes.

Waar het alles begin vir RKO?

Toe Ian, Norman en Fats ge-fire was uit die bekende ‘Castrol’ advertensie.

Het julle ooit gedink dat RKO nie ‘n sukses sal wees nie?

Daar was lank terug sprake gewees om die handoek in te gooi, toe besluit Ian en Wynand (ons viool speler) dat hulle gaan aanhou met die projek, en kyk nou waar staan ons. By mekaar, my bra.

Vertel my meer van die FAK – Prestige-toekenning vir die uitstekende bevordering van Suid-Afrikaanse volksmusiek?

Dit is ironies dat RKO ook by die FAK ‘n toekenning ontvang het namens David de Lange vir sy goeie bydrae tot Suid Afrikaanse musiek, maar in  1930s het die FAK David se liedjies verban van die radiostasies oordat die lirieke was glo te ‘rof’ was.

Dit wys jou net dat daar hoop is vir die Volk

Wat is julle planne vir die Nuwe jaar?

Ons onderhandel huidiglik met ‘n baie exciting nuwe maatskappy wat ons bestuur gaan oorneem. Ons beplan om volgende jaar ‘n nuwe album vry te stel

Enige kommentaar?

Jaaa, swaer…

Bespreek jou sitplek hier.   Besoek RKO se webwerf

«