Online Streaming / Kuber Konsert

Enjoy some great live shows online!  Geniet bobaas Kuber Teater!

Down Memory Lane with James & Monique

Join James and Monique for a tribute to iconic singers and groups of yesteryear, namely Creedence Clearwater Revival, Marilyn Monroe, Neil Diamond, Elvis Presley, Roy Orbison, The Beatles and Cher.

A Trip Down Memory Lane / Tickets R50. Book Here

Kuber Konsert Met Emile Minnie

Tydens grendeltyd het Emile Minnie sy talent ingespan en vir on ‘n vrolike kuber konsert MY RUK IN RIO geskep wat vertel wat hy als beleef het tydens sy ses maande sabbatsreis in Rio de Janeiro.

“Ek was laas jaar op ‘n ses maande sabbatsreis in Rio de Janeiro. Ek het Portugees geleer by ‘n taalskool, nuwe vriende gemaak en vir ‘n maer tannie met ‘n hengse wit bolla klavier gespeel. Tydens lockdown, terug in Suid-Afrika, het ek my swaer se kamera geleen, myself geleer hoe om musiekvideos te maak, en toe sit ek ‘n show aanmekaar in my sitkamer vir ‘n virtuele gehoor.”

“Ek vertel wat ek als in Rio beleef het, en ek sing liedjies wat ek geskryf het terwyl ek daar was.Ek nooi jou nou om die reis virtueel met my mee te maak.  Kom sit, en kom geniet die musiek en die stories saam met my. Hopelik sal jou heupe ook jeuk om te swaai, en sal die musiek jou ook ontroer. “

Bespreek jou kaartjies hier en kyk die konsert in die gemak van jou huis!

https://vimeo.com/444171062/9cfc7809a3
«