Jannie Du Toit – Oesjaar

Jannie du Toit se OESJAAR is aan by die Showroom Teater op Maandag, 17 Desember om 8nm. Kaartjies is R120 en verkrygbaar by die teater of op ons webtuiste

OESJAAR se verwerkings word gedoen deur die briljante Clinton Zerf. Jannie Du Toit, die deurwinterde liedjieskrywer en sanger, hou hom nou al ’n volle 48 jaar met Afrikaanse musiek besig. Die temas van sy nuwe liedjies is soos in die verlede wyd uiteenlopend – onder andere sing hy oor ’n legendariese koffiewinkel in sy voorstad, Melville (Karen Zoid het hom onlangs aangewys as Minister van Melville!); oor die passie wat ’n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie, oor sy gunstelingkos en ook begeesterend oor sy musiekvennoot van 25 jaar, Christa Steyn.

Sy vaste orkes vir die konsert is Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Theuns Botha (perkussie).

»