Geniet ‘n Aand Propvol Nostalgiese Musiek En Humor met Blackie Swart En Jannie Moolman

Brandewyn en Melktert is ‘n aand propvol nostalgiese musiek deur twee legendes van die Afrikaanse musiekbedryf, Blackie Swart en Jannie Moolman, by die Showroom Teater, Saterdag, 14 September on 8nm.

Brandewyn en melktert is lekker op hulle eie, maar die twee saam is heerlik! So is die musiek van die twee legendes, Blackie Swart en Jannie Moolman ook. Blackie is meer as net Liewe Lulu en Jannie is meer as net Nessum Dorma. Van Liewe Lulu tot Mozart, van Dire Straits tot Engelbert Humperdinck en tussenin Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel, Lucas Maree en ‘n paar lekker verrassings om die aand af te rond. 

Tussendeur bly die humor ook nie agter nie en staaltjies uit hulle honderde optredes en verskeie toere laat die gehoor skaterlag.

Kaartjies is R130pp en kan bespreek word by die teater of op ons webwerf.

Bespreek Kaartjies hier