Anton Goosen Maak Musiek

Musiek liefhebbers kan uitsien na Anton Goosen se optrede by die Showroom Teater op 30 Maart om 8nm.

Anton Goosen se nuwe CD “Padkos”, is sy 1ste sedert die “Groen Blomme”-projek 11 jaar gelede. Hy beskryf die musiek op die album as organiese klanke waaraan hy & Peter Pearlson sy ingenieur, vir 6 jaar aan & af aan gewerk het.

Organiese klanke volgens Anton is o.a die feit dat daar geen tromme, elektriese kitare, of elektroniese instrumente op die album is nie. Die album is deurspek van akoestiese kitare, ‘n “Hammond” orrel, stomp box, cajon, trompie, bongo’s, mondfluitjie, traporrel, klavier, alt saxofoon, banjo ens.

Anton se aptyt vir vernuwing en musikale eksperimente is nog hoeka nie gestil nie en hy doen verskeie optrede oor die land en oorsee, akoesties-solo en /of met sy bushrockband.

Kaartjies is R130 pp.

Bespreek sitplekke hier, of by die teater.

«
»